G8-spitsberaad in Heiligendamm 2007

Die G8-spitsberaad het in die Kempinski Grand Hotel in Heiligendamm plaasgevind

Die G8-spitsberaad in Heiligendamm 2007 is die 33ste spitsberaad van die Groep van Agt se regeringshoofde, wat tussen 6 en 8 Junie 2007 in Heiligendamm (Duitsland) plaasgevind het. Die spitsberaad onder die presidentskap van die Duitse bondskanselier Angela Merkel het "Groei en Verantwoordelikheid" as sy hooftemas behandel. Die Duitse regering het vooraf ekonomiese vraagstukke en ontwikkelingshulp vir Afrika as die belangrikste onderwerpe genoem.

Vir die spitsberaad is spesiale veiligmaatreëls getref, aangesien teenstanders van globalisering vooraf betogings aangekondig het om die spitsberaad te ontwrig. Gedurende gewelddadige betogings in die hawestad Rostock (Mecklenburg-Voorpommeren) is reeds dae voor die spitsberaad 520 betogers en 433 polisiemanne as gevolg van klipgooiery beseer.[1] Die onluste het uitgebreek nadat sogenaamde "outonome groepe", gewelddadige betogers, die polisie met klippe bestook het.

  1. "Der blutige Auftakt des G8-Gipfels, Berliner Morgenpost, 4 Junie 2007". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2007. Besoek op 6 Junie 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search